Oor Ons | Protek SA

Oor Ons

Wie is ons

Protek is 'n jong, dinamiese maatskappy en bied al die beste oplossings in huis- en tuinplaagbeheer en plantvoeding vir ons tevrede kliënte landwyd oor die afgelope paar jaar.
Ons is baie passievol oor ons produkte, diens en kliënte en streef daarna om die voorkeurproduk vir die verbruiker te wees wanneer hulle opsoek is na die beste oplossing vir hul huis- en tuinplaagbeheer en plantvoedingprobleme.

Waar om ons produkte te vind

Protek se produkte is beskikbaar by alle toonaangewende hardewarewinkels, kwekerye, kettingwinkels, koöperasies en onafhanklike kleinhandelaars. Om jou naaste handelaar op te spoor, kontak ons gedurende kantoorure op (011) 812-9800 of die Protek-besigheidsbestuurder in jou area soos per ons webwerf onder "Die Span".

picture_1